Franse polisie neem man in hegtenis oor gyselaarsdrama

Franse polisie neem man in hegtenis oor gyselaarsdrama

Uit Parys word berig dat die Franse polisie ʼn man in hegtenis geneem het ná ʼn vieruurlange gyselaarsdrama in die hoofstad se noordelike distrik.

Spesiale magte het met die man onderhandel wat beweer het hy het ʼn handwapen en bom en daarop aangedring het om met die Iranse ambassade te skakel.

The Guardian berig dat hy die gebou in is onder die voorwendsel dat hy kos aflewer.

Twee van sy gyselaars het daarin gelaag om te ontsnap.

Die man het geen bekende terroristiese bande nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This