Gaste veilig nadat Londense hotel brand

Gaste veilig nadat Londense hotel brandFoto: The National

Almal is veilig ontruim uit ʼn vyfster hotel in Londen toe ʼn brand uitgebreek het
op die dak van die geskiedkundige gebou in Knightsbridge.

Die Mandarin Oriental het pas die duurste opknapping ondergaan in die hotel se bestaan van 115 jaar.

Die Edwardiaanse styl hotel het die eerste keer in 1902 as die Hyde Park-hotel deure oopgemaak voordat dit in 1996 deur die Mandarin Oriental-groep gekoop is.

Volgens Sky News was bouers vroeër die dag besig om boumateriaal op die dak te sny.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé