Gauteng se premier het glo geweet van die Life Esidemeni-projek

Gauteng se geskorste Gesondheidshoof, Barney Selebano, beweer premier David Makhura het geweet van die Life Esidemeni-projek.

143 psigiatriese pasiënte is in die provinsie dood nadat duisende mense uit Esidemeni se sentrums na ongeregistreerde nieregerings-instellings verskuif is om geld te bespaar.

Selebano het voor die arbitrasieverhoor oor die tragedie getuig, waar hy gister die eerste mens geword het om aanspreeklikheid te aanvaar vir die sterftes.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This