Geen staking in brandstofbedryf – Chevron SA

Prys van petrol styg weer

Chevron Suid-Afrika het gerugte van ‘n staking in die brandstofbedryf ontken.

Boodskappe word tans op Whatsapp gedeel waarin die publiek gewaarsku word dat petrol- en dieselvoorrade sal opdroog indien die beweerde staking sou voortgaan.

Beide Chevron en die chemiese werkers-unie, Ceppwawu sê hulle dra geen kennis van ‘n staking nie en boodskappe wat op sosiale media versprei word, is nie waar nie.

Chevron SA se woordvoerder, Suzanne Pullinger, sê die maatskappy kan bevestig dat die gerugte vals is en brandstofvoorrade by vulstasies regoor Suid-Afrika bly normaal.

Rosestad 100.6 Beplan jou dagboek

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Geen staking in brandstofbedryf – Chevron SA"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This