Gemengde gevoelens oor klagte van molestering teen Magnus Malan

Gemengde gevoelens oor klagte van molestering teen Magnus Malan

Die politieke kommentator, skrywer en stigter-redakteur van Vrye Weekblad,
Max du Preez, sê ’n opspraakwekkende nuwe boek waarin onder meer beweer word dat wyle genl. Magnus Malan, voormalige minister van verdediging, ’n pedofiel was, maak die “skinderstories” daaroor destyds, nou net openbare kennis.

Netwerk24 het vroeër berig dat Malan sowel as twee ander oudministers en ‘n sakeman glo bruin seuns gemolesteer het toe hulle destyds vir hengel-uitstappies op die sogenaamde “Bird Island” gegaan het.

Intussen het die voormalige minister van buitelandse sake, Pik Botha, die beweringe in die boek, Die Seuns van Bird Island, as loutere kaf afgemaak.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé