“Gerugte van ANC-pos in die VSA is absolute nonsens”

Die voormalige Kaapstadse burgemeester en gewese DA-lid Patricia de Lille, sê dis absolute nonsens dat sy ‘n roemryke pos in Amerika van die regerende party eis as sy na die ANC sou oorloop.

Netwerk24 berig De Lille sê sy weier om kommentaar te lewer op “skinderstories” dat sy na ’n ambassadeurpos in Washington van die ANC
op soek is in ruil vir haar ondersteuning.

Volgens De Lille wou sy nie geloofwaardigheid gee aan dié bespiegeling nie, daarom het sy in die eerste plek nie daarop gereageer nie.

Daar word in mediaberigte beweer dat De Lille glo ’n diplomatieke pos in Amerika wil hê in ruil daarvoor dat sy haar by die ANC aansluit.

De Lille is verlede week uit die DA geskop en is gevolglik haar burgemeesterspos kwyt.

Sy het egter Vrydag die hooggeregshof in Kaapstad genader om haar afdanking uit die DA en gevolglik as burgemeester van Kaapstad ongedaan te maak.

Dit blyk egter dat sy onsuksesvol was.

Haar opvolger word glo vanmiddag aangekondig.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This