Gesin dalk uit wraak oor lone, rassistiese aanmerkings vermoor

Gesin dalk uit wraak oor lone, rassistiese aanmerkings vermoorDie huis wat McCormack besag was om te bou. Foto: Netwerk24

’n Loongeskil en rassistiese aanmerkings kan moontlik motiewe wees vir die moord op die 42-­jarige Kenny McCormack en sy gesin op ’n hoewe buite Randfontein aan die Wes­-Rand.

Volgens ingeligtes het McCormack ’n kort humeur gehad en het stukwerkers, wat hy opgelaai het om met bouwerk te help, erg onder sy tong deurgeloop.

Daar is ook bewerings dat hy die stukwerkers nie die ooreengekome loon betaal het nie.

Netwerk24 berig McCormack was besig om ’n huis vir hom en sy verloofde, Marietjie Meyer (45), en dié se dogter, Kayla (9), te bou, en het die werkers gekry om daarmee te help.

McCormack se pa, Monty (73), wat in Brittanje woon, het by die gesin gekuier en is ook wreed vermoor.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This