Geskorste polisieman in hof weens renosterstropery

Geskorste polisieman in hof weens renosterstropery

’n Geskorste polisieman van Skukuza in die Krugerwildtuin verskyn vandag in die hof nadat hy vir ‘n tweede keer weens beweerde renosterstropery in hegtenis geneem is.

Die Valke se woordvoerder, brigadier Hangwane Mulaudzi, sê die beampte en drie makkers is aangekeer terwyl hulle blykbaar gereed gemaak het om renosters te gaan stroop.

Die polisie het ’n jaggeweer met ’n knaldemper en ’n magasyn met 20 patrone, nege messe en kapmesse, ’n saag en twee radio’s in hulle voertuig ontdek.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This