Getuie in Patel-moordsaak word steeds deur die polisie gesoek

Getuie in Patel-moordsaak word steeds deur die polisie gesoek

Regter Joseph Raulinga wat die Patel-saak in die Hooggeregshof op Polokwane in Limpopo aanhoor, het die hoop uitgespreek dat die polisie die vermiste, Razeen Patel spoedig sal opspoor.

Hy is die sakeman en beskuldigde, Rameez Patel, se jonger broer wat gister in die hof moes getuig, maar nie opgedaag het nie.

Rameez Patel word beskuldig van die moord op sy vrou, Fatima, in 2015.

Die hoofondersoekbeampte het aan die hof gesê dat Razeen Patel se voertuig verlate gevind is met bloedvlekke in.

Hy is ‘n sleutelgetuie in die saak. Rameez Patel het gister sy eie verdediging waargeneem in sy regspan se afwesigheid.

Rameez Patel staan ook in ‘n ander saak tereg op aanklagte dat hy sy ma, die 51-jarige Mahajeen Banu Patel in September verlede jaar laat vermoor het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This