Geweld op UV word ondersoek

Geweld op UV word ondersoek

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Maandag in ’n verklaring bevestig ’n onafhanklike ondersoek is geloods rakende die geweld verlede week op die Kovsie-kampus in Bloemfontein.

Die kampus het weer heropen nadat dit verlede week feitlik heelweek gesluit was weens geweldadige betogings.

Streng veiligheidsmaatreëls het op die Bloemfontein-kampus gegeld met mense sonder studente- en personeelkaarte wat die terrein verbied is.

Die kampus is met lemmetjiesdraad toegespan en besoekers soos diensverskaffers moes by die universiteit se besoekersentrum in D.F. Malherberylaan in die stad aanmeld.

Die UV het in sy verklaring beklemtoon veiligheidsmaatreëls is verdubbel en dat ‘n hofbevel is ook in plek is en sal uitgevoer word indien nodig.

Luidens die verklaring sal die UV ook ‘n omvattende en onafhanklike ondersoek na die misdadige bedrywighede op die kampus voor, ten tyde van en ná die Shimlapark-gebeure verlede Maandagaand begin.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This