Gewelddadige diensleweringsbetogings in die Swartland

Gewelddadige diensleweringsbetogings in die Swartland

Die Wes-Kaapse polisie hou die situasie op Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes in
die Swartland dop ná gewelddadige diensleweringsbetogings.

Die polisie het 21 mense in hegtenis geneem.

Swartland se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, sê in Riebeek-Wes is dit ʼn kwessie van wie vir die 244 eenhede in die behuisingsprojek in aanmerking kom en in Riebeek-Kasteel is daar nie planne om vir die volgende vyf jaar huise te bou nie.

Die polisie sê hulle veroordeel die vernietiging van eiendom.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.