Gigaba is bekommerd oor invloed van Steinhoff-ineenstorting op pensioenfondse

Reserwebank: Gigaba, OB in gesprek oor verslag

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, het sy ontsteltenis uitgespreek oor
die ineenstorting van die meubelhandelaar, Steinhoff, te midde van ʼn rekenkundige skandaal.

Gigaba het die bestuurders van pensioenfondse gevra vir ʼn verslag oor die omvang van die blootstelling van pensioenbeleggings met die verkoop van
Steinhoff-aandele.

Die ministerie van finansies is bewus van die talle pensioen- en spaarfondse wat negatief beïnvloed mag word deur die reuseverlies aan waarde van die Steinhoff-aandele.

Intussen sê die Vryheidsfront Plus die raad van direkteure van die Openbare Beleggingskorporasie sal baie vinnig moet optree en sy regte as aandeelhouer uitoefen om vas te stel wat presies by Steinhoff gebeur het, sodat hulle skadebeheer kan toepas en verdere verliese voorkom.

Die party se Anton Alberts sê pensioenarisse hoef hulself nog nie te bekommer nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This