’n Koalisie van nie-regerings- en gemeenskapsorganisasies het ’n beroep op die minister van Omgewingsake, Edna Molewa, gedoen om die omgewingsgoedkeuring vir die oprigting van ’n steenkoolkragstasie naby Lady smith in KwaZulu-Natal tersyde te stel.
Die Sentrum vir Omgewingsreg het namens die koalisie gesê die departement het ’n ondeurdagte besluit geneem en klimaatsverandering, lug- en watergehalte en die invloed van omgewingsagteruitgang op mense se gesondheid, is nie in ag geneem nie.
Die sentrum sê die besluit om Colenso Power se kragstasie goed te keur, is ongrondwetlik en onwettig.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.