Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, het glo tot vieruur vanmiddag tyd om op die 27 vrae van die Valke oor die beweerde geheime ondersoekeenheid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te reageer.
Die Sunday Independent berig dat die hoof van die Valke, luitenant-generaal Berning Ntlemeza, glo gesê het indien die minister versuim om dit te doen, sal hy deur die gevolge daarvan in die gesig gestaar word.
Die Valke ondersoek Gordhan weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n geheime ondersoekeenheid toe destyds die SAID-hoof was.
Die Valke se woordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi, het bevestig dat ’n brief aan Gordhan se regsverteenwoordiger gestuur is.