Grondonteiening weer in die soeklig

Grondonteiening weer in die soeklig

Die direkteur van die Buro vir Voedsel en Landboubeleid aan die Universiteit van Pretoria, professor Ferdi Meyer sê die verspreiding van grond en grondhervorming moet nie die ekonomie benadeel nie.

Meyer het aan ‘n paneelbespreking deelgeneem tydens ‘n simposium oor landbounavorsing in Pretoria.

Hy sê parlementslede kan ‘n verslag van oudpresident Kgalema Moltanthe met groot vrug gebruik om die hele kwessie te hanteer.

Meyer sê die regering moet nuwe inligting oor grond inwin om nie foute van die verlede te herhaal nie.

Hy sê instellings wat op die been gebring is om ondersteuning te verleen aan die grondvraagstuk moet ook versterk word.

Die regs- en beleidsraadgewer van Agri SA, Annelize Crosby het aanbeveel dat die regering die huidige beleid en strategieë oor grondhervorming moet ondersoek.

Sy sê Artikel 25 van die Grondwet is nie ‘n kwessie nie, maat eerder korrupsie en rompslomp wat grondhervorming die afgelope 24 jaar in die wiele gery het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé