Guptas terug in die hof in Bloemfontein

POGINGS BEGIN OM KONTRAKTE MET GUPTAS TE STOP

Die Hooggeregshofsaak in Bloemfontein word vandag aangehoor om ‘n bevel, waarvolgens die Gupta-famile se bates bevries is, ter syde te stel.

Die Bate Beslagleggingseenheid het bates ter waarde van meer as R180 miljoen bevries weens hul ondersoeke na die Estina suiwelskandaal.

Die saak is verlede week uitgestel sodat die direkteur van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shaun Abrahams, kan voorberei.

Die NVG se advokaat, Win Trengrove was ook nie beskikbaar nie.

Die vervolgingsgesag het verlede maand beslag gelê op 43 eiendomme, drie vliegtuie en verskeie luukse voertuie van die omstrede familie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé