Henri Schoeman wen goud in die mans-driekamp

Henri Schoeman wen goud in die mans-driekampFoto: Reuters UK

Nuus van die Statebondspele in Australië is dat Henri Schoeman Suid-Afrika se eerste medalje ingepalm het toe hy goud gewen het in die mans-driekamp.

Hy was derde in die nommer op die Olimpiese Spele in Rio in 2016.

Die Suid-Afrikaanse swemkampioen Chad le Clos het sy uitdun van die 50 meter vlinderslag gewen, terwyl sy landgenoot Ayrton Sweeney vierde was in syne in die 200 meter borsslag.

Nog ʼn Suid-Afrikaner, Luan Grobbelaar, was sesde in sy uitdun in dieselfde nommer.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This