Herbou van Walter Sisuluweg tot stilstand geruk

Herbou van Walter Sisuluweg tot stilstand geruk

Die herbou van Walter Sisuluweg, ook bekend as Haldonweg, in die Rosestad teen R55 miljoen is tot stilstand geruk weens wanbetaling deur die Mangaung­-metroraad.

Hennie van Niekerk, DA-­raadslid, het gesê volgens hom is die projek sowat 48% voltooi, maar het die werk voorlopig tot stilstand gekom omdat die metroraad versuim het om die betalings vir drie maande van Maart tot Mei aan die kontrakteur te doen.

Hy sê elke vier weke is daar stiptelik inspeksie gedoen, asook terreinvergaderings deur die ingenieurs van Mangaung, en daar is deurgaans beklemtoon dat die kruising by Walter Sisuluweg en Roselaan die voorkeur met die verbeteringsproses moet kry.

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die Mangaung­-metro, het navrae na die finansiële hoof, Ernest Mohlahla, verwys.

Mohlahla het gesê Wasserman-­teerwerke, wat by verskeie ander projekte van die stad ook betrokke is, is Dinsdag gedeeltelik betaal, maar dat hy sal moet vasstel of dit vir Walter Sisuluweg ook is.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Herbou van Walter Sisuluweg tot stilstand geruk"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This