#HERDENKINGSRIT 2015: 5 RUITERS PAK REIS TUSSEN MONUMENTE AAN

ROSESTAD 100.6 NUUS HERDENKINGSRIT 2015FOTO: herdenkingsritte.wordpress.com

Drie ruiters het in 2012 ‘n uitdagende reis te perd aangepak vanaf die Voortrekker Monument in Pretoria tot by Bloedrivier in Natal.

Hulle het dit reggekry om hierdie reis, wat oor ‘n afstand van 550 km strek, in slegs dertien dae te voltooi. Die perde het diedelfde stel skoene aangehad aan die einde van die trek as aan die begin.

Hierdie rit het bekend gestaan as die Herdenkingsrit en die stigters van dié erfenisrit, Johan Nell en Theunis van Staden het besluit om hierdie jaar die hele proses te herhaal, maar met nuwe uitdagings, ‘n nuwe langer roete en twee meer ruiters.

En hierdie jaar beplan hulle om op Geloftedag in Bloemfontein en die Vrouemonument aan te kom.

Die slagspreuk vir die Herdenkingsrit lui ‘Uit die stof aan ons hoewe ontsteek die vonk van ons herkoms. Uit die ink van ons vere vlam die trots van ons toekoms’, en dit is presies wat die span beoog om te doen.

Brandpunt het vroeër vir Theunis gevra om te veruidelik wat Herdenkingsrit 2015 presies is.

 

100.6FM Radio Rosestad BRANDPUNTRosestad 100.6 Nuus Logo

 

 

 

 

 

 

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Be the first to comment on "#HERDENKINGSRIT 2015: 5 RUITERS PAK REIS TUSSEN MONUMENTE AAN"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This