Herstelwerk aan Bloemfontein se historiese stadsaal begin amptelik

Die Bloemfontein Stadsaal na 'n verwoestende brand wat dit dit puin gelê het.

Meer as 6 maande nadat Bloemfontein se geskiedkundige stadsaal glo deur
betogers afgebrand is, gaan die restourasie daarvan nou amptelik begin.

Netwerk24 berig die uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli, het die gebou amptelik aan plaaslike kontrakteurs oorhandig en gesê die versekeraars sal toesien dat die gebou tot sy oorspronklike vorm herstel word.

Groot skade is aan die gebou aangerig toe ’n brand in Junie verlede jaar ten tyde van ’n staking van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie uitgebreek het.

Mlamleli het benadruk dit is ’n restourasieproses en nie ’n herbouproses nie.

Die werk behoort in Oktober 2019 voltooi te wees.

Mlamleli het ’n stekie ingekry na die DA wat ná die brand rose by die stadsaal gaan plaas het en volgens haar politieke punte probeer wen het.

Sy het terloops genoem die verskriklike dag waarop die stadsaal aan die brand gesteek is, was vir haar so erg dat sy van skok in die hospitaal opgeneem is.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This