HERSTELWERK AAN BLOEMFONTEIN-WATER KAN 36 UUR DUUR

DEALESVILLE WEEK LANK SONDER WATER

Bloemwater laat vanoggend bekend gemaak dat daar vandag `n 36 uur onderbreking in die watertoevoer gaan wees na die hele Mangaung Metro, Kopanong en Naledi Munisipaliteite.

Die onderbreking word veroorsaak as gevolg van nood instandhoudingswerk vanaf die Bloemwater Caledon Streek.

Hoewel daar instandhoudingswerk gedoen sal word aan die 177 kilometer pyplyn, sal daar na berig word steeds genoeg water in die pype wees vir huihoudelike gebruik.

Inwoners word egter ten sterkte aangeraai omwater baie spaarsamig te gebruik.

Die nypende watertekort in die Vrystaat weens die droogte het die provinsiale regering genoop om van vanaand af beurtwater in te stel.

Verbruikers sal tussen negeuur saans en vyfuur soggens geen water kan gebruik nie.

Anton Smith sal vanaand in Rosestad Brandpunt om ses­uur, `n gesprek uitsaai oor die hele beurtwater aangeleentheid.

 

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This