HOË-SPOED INTERNET EERSDAAG DALK IN BLOEMFONTEIN

HOË-SPOED INTERNET EERSDAAG DALK IN BLOEMFONTEIN

Mangaung gaan moontlik binnekort toegang tot hoëspoed internet te hê.

Die metro se uitvoerende burgemeester, Thabo Manyoni het vroeër die week aangekondig dat daar reeds teen September begin sal word met die aanlê van optiese-veselkabels.

Die Stadsbestuurder, Sibongile Mazibuko sê alle staatsgeboue sal gratis toegang tot die stelsel kry.

Mazibuko verwag dat die metro ‘n aansienlike inkomste wat uit die verhuring van die stelsel sal genereer.

‘n Private belegger sal die stad se rioolstelselnetwerk huur om as kanaal te gebruik vir die kabels.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This