Hof klap laaste deur vir Oscar Pistorius toe

Hof klap laaste deur vir Oscar Pistorius toe

Die Grondwethof het die laaste deur vir die Suid-Afrikaanse lemnaeler Oscar Pistorius toegeklap met sy aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding aan moord wat van die hand gewys is.

Die hof het het bevind dat Pistorius geen redelike kans op sukses het nie.

Pistorius het hom tot die hoogste hof in die land gewend in ’n laaste poging om nie weer tronk toe te gaan nie nadat die Appèlhof in Desember bevind het hy is skuldig aan moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013.

Hy moet nou op 18 April in die Hooggeregshof in Pretoria verskyn sodat regter Thokozile Masipa hom weer kan vonnis.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This