Hof lewer straks vandag uitspraak in Patricia de Lille se saak

Die afgesette burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, sê sy glo die hof sal
in haar guns beslis – nie ter wille van haar nie, maar vir die inwoners van Kaapstad.

Die Hooggeregshof in Kaapstad sal vandag uitspraak lewer oor haar posisie as
burgemeester.

De Lille betwis die DA se besluit om haar lidmaatskap te beëindig en haar as burgemeester te herroep.

Sy is uit die party geskop as gevolg van haar uitlating op ‘n radiostasie dat sy die DA sal verlaat sodra sy haar naam in ere herstel het.

Volgens die DA se grondwet kan ‘n DA-lid nie langer ‘n lid van die party wees as hy in die openbaar gesê het hy beplan om die party te verlaat nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This