Hof lewer vandag uitspraak in Grace Mugabe-saak

Grace Mugabe sê Gabriella Engels het háár aangeval

Die Hooggeregshof in Johannesburg sal na verwagting vandag uitspraak lewer in die DA se aansoek teen die Regering se besluit ʼn jaar gelede om diplomatieke onskendbaarheid aan die voormalige Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe toe te staan.

Dit volg nadat die model, Gabriella Engels, ʼn klag van aanranding teen Mugabe ingedien het ná ʼn voorval in ʼn plaaslike hotel in Augustus verlede jaar.

Die DA beskryf die besluit as ʼn verleentheid, onwettig en ongrondwetlik.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé