’n Private maatskappy het ’n voorlegging aan die eThekwini-munisipaliteit in Durban gedoen om die hoogste gebou in Afrika op te rig.
‘n Woordvoerder van die munisipaliteit, Tozi Mthethwa, het aan News24 gesê die konsep vir die gebou, die Durban Iconic Tower, is aan die ekonomiese ontwikkelings-en-beplanningskomitee voorgelê.
Sy sê geen besluit is al geneem nie, maar indien dit uiteindelik aanvaar word, sal die 88-verdieping-gebou na verwagting 370 meter hoog wees wat dit die hoogste gebou in Afrika en in die Suidelike Halfrond sal maak.