Ierland kry sy eerste naakloperstrand

Ierland kry sy eerste naakloperstrand

Ierland kry sy eerste nudistestrand die maand.

Dit sal amptelik open by Hawk Cliff in Dalkey, suid van Dublin.

Die ope vraag is egter hoekom enigiemand kaalbas sal rondloop in ʼn plek wat nie bekend is vir ʼn oorvloed van sonskyn nie.

Die Ierse Naturalismevereniging sê egter naaklopery op die strand is meer gewild as wat baie mense mag dink.

Die organisasie voer reeds vir ʼn aantal jaar ʼn veldtog vir ʼn amptelike kaalstrand.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This