Inwoners mag nie boorgate sink nie

Rosestad 100.6 Nuus Inwoners mag nie meer boorgate sink nie Kroonstad Moqhaka

Die Moqhaka Munispaliteit in Kroonstad verbied inwoners nou glo om boorgate te sink sonder toestemming deur die munisipaliteit.

In ‘n kennisgewing deur die munisipale bestuurder, Mncedisi Mqwathi, mag geen inwoners binne die munisipale gebied ‘n boorgat sink indien die owerheid nie skriftelik in kennis gestel is nie.

Inwoners moet ook die munisipaliteit inlig van enige bestaande boorgate op privaat eiendom.

Die maatreëls volg te midde van ‘n groeiende watertekort in Kroonstad wat glo net drie weke se waterkapasiteit het.

Volgens ‘n hidroloog, Derek Whitfield, kan die bestaande boorgate van die Moqhaka-munisipaliteit in Kroonstad slegs sowat 1 miljoen liter water per dag lewer.

Whitfield het aan Netwerk 24 gesê rioolstelselsels alleen het nagenoeg 4 miljoen liter water per dag nodig om te funksioneer.

Rosestad 100.6 Help Spaar water watertekort Vrystaat

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Inwoners mag nie boorgate sink nie"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This