’n Beroep is op inwoners van Knysna gedoen om dringend water te bespaar.
Volgens die munisipaliteit het die dorp nog net water vir 23 dae, en indien water nie vinnig bespaar word nie, kan indringende maatreëls, soos beurtwater, moontlik ingestel word.
Knysna se hoofwaterbron, die Akkerkloofdam, is slegs 34% vol en die Glebedam minder as 5%.
Intussen sê die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, Thabo Manyoni, dat die metro se watervoorsiening daagliks gemonitor word en daar is op die oomblik genoeg water, maar nié vir die toekoms nie.
Mayoni sê die munisipaliteit kry weens die droogte en die waterbeperkings in dié stadium net 58% van sy normale voorraad rou water.
Die metro se 43 wateropgaartenks is egter gemiddeld 80% vol.