INWONERS VAN MASILONYANA-MUNISIPALITEIT VERGADER OOR WATER

INWONERS VAN MASILONYANA-MUNISIPALITEIT VERGADER OOR WATER

Inwoners van Brandfort, Winburg en Theunissen in die Masilonyana-munisipaliteit vergader vandag met die munisipale bestuur oor die stand van dié dorpe se water.

Die stand van die Erfenisdam waaruit die dorp water kry, is veral ’n groot bron van kommer vir inwoners wat sê water op die drie dorpe neem nou krisisafmetings aan.

Die dam staan nou op 12%, waarby slik ingereken moet word.

Koos van Wyk, lid van die Brandfortforum belas met watersake, sê Brandfort het die afgelope maand volhoubaar skoon water gehad.

Van Wyk het aan Netwerk24 gesê ‘n pyp het Vrydag gebars en veroorsaak het dat inwoners nie water gehad het nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This