In die Ivoorkus is 16 mense deur ‘n groep gewapende mans by die Grand-Bassam-strandoord, sowat 40 kilometer oos van die kommersiële hoofstad, Abidjan, doodgeskiet.
President Alassane Ouattara het gisteraand bekend gemaak dat 14 burgerlikes en twee soldate in die aanval dood is, terwyl die ses aanvallers ook doodgesket is.
Volgens berigte het die aanvallers op mense op die strand naby die L’Etoile du Sud-hotel losgebrand.
Die oord is gewild onder plaaslike inwoners en Westerlinge en lede van die veiligheidsmagte is na die toneel gestuur.
Dit volg nadat luukse hotelle ook in November in Mali en in Januarie in Burkina Faso deur Ismaitiese militantes aangeval is.