Jankielsohn eis R1 miljoen van 3 senior ANC-lede

Die DA-leier in die Vrystaatse wetgewer, dr. Roy Jankielsohn, eis R1 miljoen van drie senior ANC-lede in dié provinsie en ook die ANC-jeugliga oor beweerde lasterlike uitlatings wat hulle oor hom gemaak het.

Netwerk24 berig Jankielsohn dagvaar Reagan Booysen, Vrystaatse sekretaris van die jeugliga, Sello Pietersen, provinsiale woordvoerder van die liga, en Thabo Meeko, ’n lid van die wetgewer.

Luidens die eis het Booysen en Pietersen op 5 Oktober verlede jaar ’n verklaring namens die jeugliga opgestel wat Meeko op Facebook gepubliseer het.

Daarin word na Jankielsohn as ’n rassis, ’n nar, ’n politieke “rooinek”, ’n onbelangrike wit heerssugtige en ’n “DA-chihuahua” verwys.

Luidens die eis is dié woorde gebruik om Jankielsohn te belaster en sy reputasie aan te tas, asook sy waardigheid.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This