Kaapstad se Kalkbaai-woongebied word gesien as een van die bakste in die wêreld

Kaapstad se Kalkbaai-woongebied word gesien as een van die bakste in die wêreld

Die Forbes-tydskrif het Kaapstad se ouwêreldse kusdorpie, Kalkbaai, benoem as een van die wêreld se bakste woonbuurte.

Die nuwe lys bevat ook voorstede in Amsterdam, Washington DC, en Seoel.

Die publikasie sluit Kalkbaai se sonderlinge kafees, ongekunstelde visserbote en kleurryke winkelvensters in as sommige van die redes vir die keuse.

Suid-Afrika kom twee keer op die lys voor met Johannesburg se Maboneng, bekend vir sy atmosfeer wat ook ingesluit is.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This