KATSEWATER SAL NIE MEER KOS – DEPARTEMENT

KATSEWATER SAL NIE MEER KOS - DEPARTEMENT

Die departement van waterwese sê die Katsedamwater wat Mangaung se watertekort gaan help verlig, sal nie die eindverbruiker meer kos nie. 

Die stadsbestuurder van die metro, Sibongile Mazibuko, is vroeër deur die departement van waterwese ingelig dat die metrogebied ook weer Katsewater gaan kry.

Die departement se Sputnik Ratau sê die water kom uit die Lesotho-Hooglandwaterprojek wat in elk geval reeds aan Suid-Afrika gelewer word.

Die noodwater uit Lesotho behoort binne dae by die Knellpoortdam naby Wepener in die Vrystaat aan te kom.

Die water is Vrydag vrygelaat.

Die Mangaung Metro Munisipaliteit het vanaf Augustus streng waterbesparingsmaatreëls ingestel weens die lae watervlakke van opgaardamme wat die metro van water voorsien.

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This