Kgamanyane is nuwe metropolisiehoof

Personeel by polisie se noodoproepsentrum staak

‘n Wolk van omstredenheid omring Ketsebae Kgamanyane, wat gekies is om
die Mangaung metro-munisipaliteit se metropolisiehoof te wees.

Netwerk24 berig nie net is Kgamanyane voorheen deur die onafhanklike
polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek nie, maar hy is ook destyds ‘n
top-pos by die Valke aangebied ondanks klagte van bedrog en korrupsie teen hom.

Die 37-jarige Kgamanyane is Vrydagaand deur die metroraad met geslote deure as die metropolisiehoof aangestel.

Die aanstelling is teen ’n salaris van meer as R1 miljoen per jaar gedoen.

Pieter Lotriet, ’n DA-raadslid by die metro, sê hulle het buite stemming gebly oor sy aanstelling omdat hulle net tien minute met Kgamanyane se CV gekry het en hulle nie ’n waardeoordeel kon vel nie.

Gerdie Karstens

“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”

Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé


Pin It on Pinterest

Shares
Share This