Klag teen vrou na sy Kaapse prokureur en vriende K-woord noem

Klag teen vrou na sy Kaapse prokureur en vriende K-woord noemNicole de Klerk. Foto: Netwerk24

’n Kaapse kandidaatprokureur het ’n klag van crimen injuria ingedien teen ’n vrou wat hom en sy vriende Saterdag die K-woord toegesnou het in ‘n woordewisseling by die Queen’s Plate-perdewedren in Franschhoek.

Nicole de Klerk is na afloop van die voorval deur die werwingsagentskap The Talent Boom ontslaan waar sy twee dae tevore begin werk het.

Sy het op Twitter vir haar optrede verskoning gevra voor sy haar rekening gesluit het.

Yamkela Ntola het aan News24 gesê hy het Sondag ’n klag van crimen injuria teen De Klerk aanhangig gemaak.

Hy wil die Menseregtekommissie vandag nader.

Volgens Ntola is hy kwaad en geskok en moet haar gedrag gevolge hê nie, veral inaggenome die verskeie rassistiese voorvalle die afgelope paar weke in die land.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This