“Kommissie wat bestuur van Sars ondersoek word as dringend beskou

Klagte oor uitstaande terugbetalings deur Sars

Die Presidensie sê die kommissie wat die bestuur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan ondersoek, word as dringend beskou en sal sou gou as
moontlik afgehandel word.

Dit volg nadat die kommissaris van die Inkomstediens, Tom Moyane gister geskors is.

Mark Kingon is as waarnemende kommissaris aangestel.

President Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede aangekondig dat die kommissie aangestel sal word om belastingadministrasie en beheer te ondersoek.

‘n Woordvoerder van die Presidensie, Khusela Diko sê Ramaphosa sal na verwagting vandag die opdrag van die kommissie onderteken.

Sy sê hy is ook besig om ‘n lys van moontlike voorsitters vir die kommissie te oorweeg.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This