[KOMPETISIE] HERONTWERP JOU HANDELSMERK SO

Radio Rosestad in samewerking met Brand New SA loods ‘n veldtog om adverteerders en luisteraars bewus te maak oor die waarde en belangrikheid van behoorlike handelsmerk ontwikkeling.

Die veldtog word aan ‘n kompetisie gekoppel en die gelukkige wenner se handelsmerk word gratis deur Brand New SA herontwerp.

Die waarde van die prys beloop R65 000.

Skryf so in

Luisteraars en adverteerders stuur hulle besighede se logo’s, asook ‘n vraag, relevant tot handelsmerk- en handelsmerkbestuur  na rosestad@brandnewsa.com.

Uitgesoekte inskrywings word op die lug bespreek, maar alle inskrywings word outomaties deel van die kompetisie.

Die inskrywings word op sosiale media geplaas en die ontwerp met die meeste stemme word aan die einde van September 2017 as die wenner aangewys.

Brand New SA sal gedurende Oktober 2017 die ontwerpproses afhandel.

Die nuwe ontwerp word in November 2017 in samewerking met Radio Rosestad aan die publiek bekend gestel.

Tien (10) ontwerpaanwendings, ‘n basiese ontwerp-handleiding en ‘n elektroniese handelsmerk bestuurstelsel vorm deel van die prys.

Geen produksie word by die prys ingesluit nie.

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM

Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This