Komplot om glo oud-Vrystaatse premier te vermoor

"Magashule is nie so sterk nie"

Die ANC in die Mangaung-streek in Bloemfontein het ‘n klag teen ‘n man ingedien wat glo beplan het om die party se sekretaris-generaal, Ace Magashule, in ń sluipmoord-voorval te vermoor.

Die adjunkvoorsitter van die streek, Patrick Monyakwane, sê hulle het boodskappe op sosiale media gesien oor die beweerde moordkomplot.

Hy sê hulle beskou die dreigement om Magashule te vermoor in ‘n ernstige lig en het geen ander keuse gehad as om dit by die polisie aan te meld nie.

Magashule is onlangs as sekretaris-generaal van die ANC aangewys nadat hy as Vrystaatse premier onder ń wolk van omstredenheid oor veral die Vrede-suiwelprojek uit die provinsie weg is.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This