Speel appelboere van Ceres veilig deur in die versengende droogte hul boorde se mikro-besproeiingspunte met kondome te bedek.
Dit verduidelik die snaakse plastieksakkies wat verbygaande motoriste al dalk in die boorde van Robert Graaff van Lushof opgemerk het.
Calla du Toit, aankoopbestuurder van die appeluitvoerder Tru-Cape en self ’n boer van die Witsenberg by Ceres, sê die kondome om die spuitpunte beteken die water drup af tot by die stam van die boom en die verdampingsverlies weens die afgelope seisoen se erge hitte is sodoende tot die minimum beperk.
Netwerk24 berig ‘n ander plan wat boere maak, is om bome met ’n mengsel van water en kaolien te bespuit.
Die witterige lagie op die blare bedek die blaaropeninge waardeur die boom vog verloor.