Die Universiteit van die Vrystaat se raad het ’n nuwe taalbeleid met Engels as primêre taal van onderrig en administrasie met ’n oorweldigende meerderheid goedgekeur.
Regter Ian van der Merwe, voorsitter van die universiteitsraad, het in ’n verklaring die pas goedgekeurde taalbeleid, wat vanaf Januarie 2017 volgens ’n implementeringsplan in gebruik geneem sal word, bevestig.
Een Afrikaanssprekende dosent is van mening die raad het hulself bewys as gewillige handperde van ’n fascistiese agenda om Afrikaner-nasionalisme by die universiteit met swart nasionalisme te vervang.
Alana Bailey, uitvoerende adjunk-hoof van AfriForum, het aan Netwerk24 gesê hulle gaan nou voort met regsaksie, want hulle glo steeds dit is studente en voornemende studente se grondwetlike reg om in hul moedertaal onderrig te ontvang.