Kry die Ek lief die Vrystaat Skattejagkaart hier

Groot pryse is op die spel wanneer 15 Kunstenaars, wat tydens vanjaar se Ek Lief die Vrystaat (ELDV) optree, Saterdag by plaaslike besighede sal wees om hulle handtekeninge uit te deel.

Pryse wat gewen kan word tydens vanjaar se ELDV Skattejag is:

  • 2 Pryse van een naweek vir vier persone by enige van die Forever Resorts-oorde in Suid-Afrika
  • SAB geskenkpakke, en
  • Coke geskenkpakke.

Kunstenaars wat deelneem aan vanjaar se Skattejag is:

Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Leah, Willem Botha, Appel, Juanita du Plessis, Emo Adams, Blackbyrd, Adam, Kurt Darren, Liezel Pieters, Snotkop, Jay, Lianie en Andriette.

Druk die Skattejagkaar hier, laat die kunstenaars dit teken en gee dit in by gemerkte houers by die ELDV konsert Saterdag voor 18:30.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Kry die Ek lief die Vrystaat Skattejagkaart hier"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This