Kubaanse ingenieurs: VS regering glo betaal nie gastehuis nie

Kubaanse ingenieurs: VS regering glo betaal nie gastehuis nie

Die Vrystaatse provinsiale regering skuld glo ’n Gastehuis-­eienaar sowat R68 000 vir die verblyf van Kubaanse ingenieurs.

Dié man, wat anoniem wil bly uit vrees dat hy nie weer sake met die regering sal kan doen nie, sê hy weet van minstens sewe ander sulke gevalle in die provinsie.

Volgens die gastehuis­-eienaar verwag die Kubane goeie kos en goeie verblyf en het klein sake-­ondernemings nie die kapasiteit om dié mense oor ’n lang tydperk te onderhou sonder dat die regering betaal nie.

Netwerk24 berig volgens Senne Bogatsu, adjunk­-direkteur: kommunikasie van die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake, is daar 37 Kubaanse ingenieurs in die Vrystaat vir wie die regering nou verblyf moet betaal.

Hy het beklemtoon die saak geniet die nodige aandag.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This