Twee werkers van die kitskosrestaurant, McDonalds, is dood in vanoggend se skietery in Kuilsrivier naby Kaapstad.
‘n Woordvoerder van die Polisie se Onafhanklike Ondersoek-direktoraat, Robbie Raburabo, sê die polisie het ná ‘n rooftog ‘n verdagte voertuig agtervolg en in ‘n skietery het die voertuig van McDonalds in die kruisvuur beland.
Die bestuurder is een van drie mense wat in die skietery gewond is.
Nog twee mense is ook doodgeskiet, maar besonderhede oor hulle is nog nie bekend gemaak nie.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.