Kunstenaars tree op vir kinders ná brandskade

‘n Gedeelte van die opbrengste vir die ekstra konsert tydens EK Lief die Vrystaat (ELV) Vrydagaand waar die kunstenaars Leah en Willem sal optree, sal geskenk word vir Kinder- en Jeugsorg by Engo wat Maandag erg skade gelei het nadat ‘n brand die inhoud van hulle sentrale kantore verwoes het.

“Dit is ELV die se manier om weer terug te gee aan die gemeenskap van die Vrystaat waar behoefte bestaan.”

Alle skenkings aan kinders word in Engo se stoor gebêre vanwaar dit versprei word na die provinsie se 34 sentrums.

Volgens ELV-organiseerder, Christa Strydom, sal die gedeeltelike opbrengs vir die vertoning, wat R15 per persoon beloop, aan Kinder- en Jeugsorg by Engo gegee word.

This slideshow requires JavaScript.

Kinder- en Jeugsorg bedien tans 724 kinders in die verskillende jeugsorgsentrums regoor die Vrystaat en sal na die brand onder druk wees om aan die behoeftes van kinders in die 34 jeugsentrums regoor die provinsie te verskaf.

Strydom sê dit is ELV se manier om weer terug te gee aan die gemeenskap van die Vrystaat waar dringende behoefte bestaan.

“ELV nooi jou uit om deel te wees van Leah en Willem se vertoning en so ook terug te gee aan kinders wat nou dringend kos en klere nodig het,” sê Strydom.

“Jou R 15 toegang sal help om die sentrums se store vol te maak,” sê Strydom.

 

 

  • Leah en Willem se ekstra konsert Vrydag by die arena van die Bloemskou begin om 18:30. 

 

 

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Kunstenaars tree op vir kinders ná brandskade"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This