KZN word tot rampgebied verklaar

Durban: Paaie gesluit weens erge stormFoto: News24

KwaZulu-Natal is tot rampgebied verklaar na die verwoestende storm wat die provinsie vroeër die week getref het.

Minstens elf mense is dood en talle word vermis.

Die storm het huise, hospitale en skole beskadig.

Premier Willies Mchunu se kantoor het bevestig dat die geraamde skade aan 133 skole R136,5 miljoen is.

Durban se eThekwini-munisipaliteit het inwoners gewaarsku dat nog twee koue fronte met swaar reën van vanaand verwag kan word.

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This