Laaste verkiesingsaamtrekke dié naweek

Laaste verkiesingsaamtrekke dié naweek

Die grootste politieke partye hou dié naweek hul laaste verkiesingsaamtrekke om stemme te werf voor Woensdag se munisipale verkiesing.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, sluit môre sy party se veldtog in die Dobsonville-stadion in Soweto af.

President Jacob Zuma sal die hoofspreker wees wanneer die ANC Sondag sy laaste saamtrek op Ellispark in Johannesburg hou.

Die EFF-leier, Julius Malema, sluit ook Sondag sy party se veldtog in die Peter Mokaba-stadion in Polokwane/Pietersburg af.

Die onder-voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Terry Tselane, het egter aan Die Burger bevestig dat politieke partye nog tot Dinsdag om middernag verkiesingsveldtogte kan voer.

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This