Las Vegas-skietvoorval: 59 dood, meer as 500 gewond

Las Vegas-skietvoorval: 59 dood, meer as 500 gewondFoto: The Australian

Amerikaanse owerhede het ‘n desperate pleidooi gelewer dat mense moet
bloed skenk na die dodelikste massa-skietvoorval in die land se geskiedenis.

Minstens 59 mense is Sondagaand dood en sowat 527 gewond toe die 64-jarige Stephen Paddock uit die 32ste verdieping van die Mandalay Bay-hotel losgebrand het op mense wat ‘n musiekfees in die strate van Las Vegas bygewoon het.

Sky News berig dat mediese sentrums oral in die stad oorvol is en dat bloed dringend nodig is.

Die polisie het intussen gewaarsku dat dit ‘n uitgerekte proses gaan wees
om al die slagoffers uit te ken.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This