Leerling deur geelslang gepik

Rosestad 1006 Nuus Slang Geelslang Meyer

In ‘n tweede voorval van sy soort die afgelope ruk is ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, die 17­-jarige Ané Meyer, Dinsdagoggend in haar bed op ’n plaas buite die stad deur ’n geelslang gebyt.

Meyer, van die plaas Merino op die Bultfontein­pad, is intussen in die waakeenheid van die Mediclinic  Bloemfontein opgeneem nadat sy aan die skouer gebyt is.

Dit volg nadat Peter Bramley, ’n Protea­skut en beesboer van die plaas Holmesdale, ook buite Bloemfontein op die Bultfontein­pad, Donderdagaand deur ’n geelslang gebyt is.

Meyer verduur glo baie pyn en al haar spiere is seer, maar sy toon nog geen ander negatiewe simptome nie.

Netwerk24 berig Bramley, wat ook in die Mediclinic Bloemfontein se waakeenheid opgeneem is, se toestand het sedert Maandag versleg, maar hy was Dinsdag stabiel.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "Leerling deur geelslang gepik"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This