Liggaam van onbekende blanke man langs treinspoor gevind

Liggaam van onbekende blanke man langs treinspoor gevind

Die liggaam van ‘n onbekende blanke man is die naweek langs die treinspoor
onder die Benade Rylaan in Fichardtpark, Bloemfontein treinoorbrug gevind.

Die vermoede bestaan dat hy moontlik deur ‘n trein getref kon wees.

Die SAPD in Bloemfontein sê, weens die toestand van die liggaam is dit moeilik om selfs gesigskenmerke van die man te beskryf, maar dit wil voorkom of hy ‘n blou denim en wit hemp aangehad het.

Daar was geen identiteit aan hom nie.

Die Polisie sê hulle volg alle leidrade op, maar in hierdie stadium het niemand nog na vore gekom om ‘n blanke man as vermis aan te meld nie.

Die SAPD versoek die gemeenskap se hulp om die identiteit van die man te kan bepaal.

Indien enigiemand inligting het, kan u vir Speur Adjudant Offisier, Anton Bowman, skakel by 082 468 1624.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This